Hollywood Walk of Fame

Sterre op die Hollywood Walk of Fame.

Die Hollywood Walk of Fame bestaan uit meer as 2 500 vyfpuntige sterre uit terrazzo en koper in die sypaadjies van 15 straatblokke van Hollywood Boulevard en drie blokke van Vine Street in Hollywood, Kalifornië. Die sterre is permanente openbare monumente vir prestasies in die vermaakbedryf en bevat die name van akteurs, musikante, regisseurs, vervaardigers, musiek- en teatergroepe, fiktiewe karakters ens. Die administrasie van die Walk of Fame word behartig deur die Hollywoodse kamer van koophandel en in stand gehou deur die Hollywood Historic Trust. Dit is ’n gewilde toeriste-attraksie – dit het in 2003 sowat 10 miljoen besoekers gelok.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search